The Right Standard - Ermelo

Friday, 20 November 2026

Item details

City: Ermelo, Mpumalanga
Offer type: Offer

Contacts

Contact name @TerryG90

Item description

’n Klein seuntjie het na sy ma toe gekom en gesê: "Mamma, ek is nou amper so lank soos Goliat. Ek is byna 3 meter!"
"Glad nie!" het die ma met ’n glimlag geantwoord. "Hoe het jy dit uitgewerk?"
"Ek het my eie maatstok gemaak. Toe ek myself daarmee meet, was ek amper 3 m lank."

Doen ons nie soms dieselfde nie? Ons meet onsself aan ons eie maatstawwe – net soos dié in Korinte wat hulleself aan hulleself gemeet en met hulleself vergelyk het. God noem sulke mense onverstandig.
Baie mense gebruik hulle eie maatstawwe om hulle optrede teenoor God te beoordeel. Die resultaat waarop hulle uitkom, stel hulle tevrede. Hulle is tevrede met hulleself en dink dat God hulle moet aanvaar op grond van hulle goeie gedrag. Sy maatstaf lei egter tot ’n ander uitkoms:
"Almal het trouens gesondig, en die eer aan God ontbreek by hulle" – (Romeine 3:23)

Wanneer ons hierdie goddelike oordeel oor onsself erken en ons voor God verootmoedig, kan ons Sy genade verwag. Deur geloof in die Verlosser, die Here Jesus Christus, word ons gered en ontvang ons die vergifnis van sondes. Nou staan ons in ’n nuwe posisie voor God. Hy sien ons nie meer as verlore sondaars nie, maar as geregverdigdes wat heilig en onberispelik is.

"Want deur een offer het Hy hulle wat geheilig word, vir altyd vervolmaak" – (Hebreërs 10:14)